Eerlikheid weeg swaarder as perfeksie

Eerlikheid weeg swaarder as perfeksie

’ Maar ons het afstand gedoen van die geheime dinge wat ’n mens skaam maak. Ons leefstyl is nie dié van misleiding of om die woord van God te verdraai nie. Inteendeel, met die bekendmaking van die waarheid, beveel ons onsself aan by elkeen wat ’n eerlike gewete voor God het.’’ – 2 Korintiërs 4:2 NLV

Ons kan te veel omgee oor wat mense van ons dink tot op die punt waar dit ons totaal onbevoeg laat voel en verlam laat. Maar weet jy wat? Ek dink as ons meer eerlik gaan wees gaan ons meer respek verdien as wat ons gaan ontvang deur alles te probeer wegsteek en voor te gee dat ons perfek is.

Ek glo een van die hoofredes waarom mense na my luister is dat ek vertel wat ek geleer het deur my eie probleme, swakhede en foute. Dit help hulle om te ontspan, verband te hou met my en hulle hoop te gee dat as ek sekere dinge kon gedoen het en dit gemaak het, so kan hulle ook.

Ons moet ophou om te vrees om foute te maak, want ons sal foute maak – punt. God vra ons nie om nooit foute te maak nie. Hy vra dat ons eerlik en openlik moet wees oor ons gebreke. Wanneer ons dit openbaar, kan Hy ons help om van dit ontslae te raak en aan te beweeg na groter en beter dinge.

Moenie jou foute wegsteek nie. Openbaar dit, sodat jy kan leer daaruit. Wanneer jy God met vrymoedigheid en eerlikheid vertrou, kan Hy jou help om enigiets te oorkom.


Gebedsbeginpunt

Vader, ek het swakhede waaroor ek skaam is, maar om daaraan vas te hou, sal my niks goed doen nie. Ek kies om openlik te wees oor my gebreke sodat U my kan help om dit te oorkom.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon