En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe. – Romeine 8:28
Jy moet ’n ‘Ek is’ en ’n ‘Ek kan’ gesindheid hê. Vul jou gedagtes en jou woorde daagliks met die volgende belydenisse, en dan sal jy meer vreugde in jou lewe inbring!
• Ek is ’n nuwe mens in Christus (2 Kor. 5:17).
• Ek kan in vrede en voorspoed leef (Jes. 26:3).
• Ek is gewillig om te luister, nie te gou te praat nie en nie te gou kwaad te word nie (Jak.1:19).
• Ek kan alles doen deur Christus se krag (Fil. 4:13).
• Ek is ’n oorwinnaar in Christus (Rom. 8:37).
• Ek kan verstaan danksy Christus (1 Kor. 2:16).
• Ek is dood vir die sonde en lewe vir God (Rom. 6:11).
• Ek oorwin die kwaad met die goeie (Rom. 12:21).
Kraggedagte
My verstand en mond dink en praat soos God, om sy doel vir my lewe te bereik.