Ek kan dit nie help nie!

Ons almal moet voor die regbank van Christus verskyn sodat elkeen van ons kan ontvang volgens wat ons in ons aardse liggaam gedoen het, of dit goed en of dit sleg was. – 2 Korintiërs 5:10

Wanneer jy begin om die dinge in jou lewe te ver­ander wat nie vrugte dra nie en wat vir jou probleme veroorsaak, gaan die duiwel jou van vele verskonings voorsien waarom jy maar kan bly soos jy is. Een van die dinge wat jy kan verwag om in jou kop te hoor, is: Ek kan nie help wat ek dink nie, die gedagtes kom in my kop sonder dat ek hulle daar wil hê; ek kan dit nie help nie! Dit is waar dat gedagtes by ons opkom sonder dat ons hulle genooi het, maar dit is onwaar dat jy niks aan hulle kan doen nie. God se Woord leer ons om elke verkeerde gedagte gevange te neem, om dit dadelik te keer (sien 2 Korintiërs 10:5). Dit beteken doodeenvoudig dat jy hulle nie moet toelaat om in jou kop te bly nie. Jy kan van enige gedagte ontslae raak deur bloot te besluit om aan iets anders te dink.


Kraggedagte

Ek is verantwoordelik vir my gedagtes en hoe dit my lewe en ander mense beïnvloed.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon