“en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed.” —Efesiërs 4:23 NLV
Die Bybel is vol stories van mense wat ‘n nuwe begin ervaar het. Moses het ‘n leier geword na hy ‘n herder vir veertig jaar was. Paulus het Christus gehaat totdat God hom hernu het en hom een van die grootste apostels van alle tye gemaak het.
Wanneer ons Jesus as ons Verlosser aanvaar, is dit die top punt van ‘n nuwe begin. Ons word nuwe skepsels met ‘n geleentheid om ‘n nuwe manier van leef te leer. Maar die eerste stap om hierdie nuwe lewe te ervaar is om te glo dat dit beskikbaar is vir jou.
Efesiërs 4:23 sê dat ons konstant hernu moet word in ons gedagtes en houdings. Dit is maklik om te lees van wonderlike mense in die Bybel en te dink jy gaan glad nie soos hulle wees nie, maar wanneer jy so begin dink, moet jy dadelik jou gedagtes hernu.
Kies om te dink in God se wil – nie hoe jy voel nie. Ontvang Sy liefde en ervaar ‘n nuwe begin. Die lewe sal soveel soeter wees as jy leef met ‘n houding wat sê: God is besig om my heeltemal te transformeer van binne na buite. Hy gee my ‘n nuwe begin en daar is wonderlike dinge wat voorlê.
Gebedsbeginpunt
Here, ek wil my gedagtes hernu deur U Woord. Ek weet dat U ‘n nuwe begin en roeping vir my het nes U vir Moses en Paulus gehad het. Ek ontvang dit vandag, en glo dat U dit sal laat gebeur.