Fokus op God

Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. – Spreuke 3:5

Wanneer ons bekommerd is, fokus ons op ons probleme. Wanneer ons angstig is oor iets, praat ons onophoudelik daaroor. Hoekom? Omdat enigiets wat in ons hart is, uiteindelik by ons mond uitkom (sien Matteus 12:34). Hoe meer ons oor ons probleme dink en praat, hoe groter word hulle. Dink liewer oor God se getrouheid en nie oor jou probleme nie, en herinner jouself dat dit nie nodig is om jou te bekommer nie.

Ek het mense al hoor sê: ‘Ek kan dit nie help nie; ek bekommer my maklik.’ Die waarheid is dat hulle kies om hulle te bekommer omdat hulle nie weet hoe om God te vertrou nie. Hoe meer jy jou bekommer, hoe beter raak jy met bekommernis; net so, hoe meer jy God vertrou, hoe beter sal jy daarmee raak. Sorg dat jou eerste reaksie in enige situasie is om God te vertrou.


Kraggedagte

Ek vertrou God met my hele hart en al my denke.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon