Gedagtes en woorde is in noue verband

Gedagtes en woorde is in noue verband

“’n Mens wat wys is, sê verstandige dinge. Hy kan ander mense onderrig. Mooi woorde is soos heuning; dit is goed vir die gees en bevorderlik vir die lewe.” Spreuke 16:23-24 NLV

Spreuke 16:23-24 wys ons dat ons gedagtes en woorde in baie noue verband is. Dit is soos been en murg – so naby dat dit moeilik is om te onderskei (sien Hebreërs 4:12). As gevolg hiervan, is dit belangrik dat ons aangename gedagtes het sodat ons aangename woorde kan hê.

Ons gedagtes is stil woorde wat net ons en die Here hoor, maar daardie woorde affekteer ons inner mens, ons gesondheid, ons vreugde en ons houding. Die dinge waaroor ons die meeste dink kom uit ons monde uit en somtyds laat dit ons simpel lyk, maar as ons God se manier leef sal ons gedagtes en woorde ons lewens meer genotvol maak.

Moenie die fout maak om te dink dat jy jou gedagtes in allerhande verkeerde, wêreldse rigtings kan laat gaan en dan “vals te wees” deur goddelike woorde te spreek nie. Dit is óf beide aangenaam of beide negatief en sondig. Daar is nie ‘n grys area nie.

Begin om te beweeg in die gedagtes van Christus en jy sal in ‘n heeltemal nuwe realm van die lewe beweeg. Soos jy tyd met Hom spandeer en Hom toelaat om jou gedagtes te verander, sal jy nie eers hoef te dink aan hoe om aangename woorde te spreek nie. Dit sal net natuurlik gebeur!


Gebedsbeginpunt

God, ek besef dat my gedagtes en woorde in noue verband is. Ek wil nie probeer en “vals wees” aan die buitekant met iets wat nie werklik aan die binnekant is nie. Help my om my gedagtes te skuif sodat ek aangename, goddelike woorde kan spreek.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon