Gedagtes, woorde en gesindhede

‘En Ek het julle gesag gegee oor alle mag van die vyand, en julle kan oor slange en skerpioene loop en hulle vermorsel. Niks sal julle beseer nie.’ – Lukas 10:19

it is tipies hoe jou gedagtes, woorde, buie en ge­ sindhede aan mekaar gekoppel is: As jy negatiewe omstandighede beleef, kry jy ’n negatiewe gedagte. Dan sê jy iets negatiefs oor die situasie en jou moed begin sak in jou skoene. Daarna kry jy ’n slegte gesindheid en jy sit op die ou end met meer negatiewe omstandighede as
waarmee jy begin het.

Jy kan egter hierdie negatiewe kringloop in jou lewe verbreek. Het jy dit geweet? Lukas 10:19 sê ons het die mag om ‘op slange en skerpioene te trap en om die vy­ and met al sy geweld te oorwin’. Om te trap beteken ‘die voet met krag neersit’. Jy het die krag om jou voet met krag neer te sit en dinge te doen. As jy ’n probleem het, sal niks negatiefs dit oplos nie. Hou jou gedagtes, woorde, buie en gesindhede positief en kyk hoe God wonderwerke vir jou laat gebeur.


Kraggedagte

In Christus het ek mag oor negatiewe denke.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon