Gedagtes, woorde en gewoontes

Hy raak toe hulle oë aan en sê: ‘Soos julle geglo het, sal dit vir julle gebeur.’ – Matteus 9:29

Hoe beïnvloed ons gedagtes en woorde ons gewoon­tes? Na my mening is hulle die beginpunt waar alle slegte gewoontes afgeleer en alle goeie gewoontes aange­leer word. Om negatief te dink en te praat is inderwaarheid op sigself ’n slegte gewoonte – en een wat ons moet afleer deur positief te begin dink en te praat.

Jy kan jouself letterlik in ’n oorwinning of ’n mislukking in dink en praat. Jy kry nie net die dinge wat jy dink en sê nie, maar jy kan enigiets kry wat God in sy Woord sê tot jou beskikking is. Jesus het vir mense gesê hulle sal kry wat hulle glo, selfs sig vir die blinde mans (sien Matteus 9:27–30). Hulle moes net glo – net hul denke vernuwe om te dink soos God dink (sien Romeine 12:2 en Kolossense 3:10) – en hulle sou die seëninge ontvang wat God hulle toewens … en net so kan jy hulle ook ontvang!


Kraggedagte

Ek glo in God se mag wat my help om my slegte gewoontes te oorwin.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon