Gee God alles

‘Ek ken jou nog voordat jy gevorm is in die skoot van jou moeder. Voor jou geboorte al het Ek jou gekies en aangestel om namens My te praat met die nasies van die wêreld.’ – Jeremia 1:5

Nooi Jesus in elke gebied van jou lewe in. Moenie dink dat jy jou swakhede vir Hom moet wegsteek nie; Hy weet in elk geval alles daarvan. Onthou, sy krag kom juis tot volle werking wanneer ons swak is (sien 2 Korintiërs 12:9). God werk deur swak, onvolmaakte mense sodat niemand homself die krediet kan toeëien wat Hom alleen toekom nie. Moet nooit twyfel of God jou kan gebruik nie.

Die Here sien nie net wat ons nou is nie; Hy sien wat ons kan word. Hy weet watter planne Hy vir ons het, en dit is planne vir voorspoed en sukses, nie teenspoed en mislukking nie (sien Jeremia 29:11).


Kraggedagte

God het my gevorm en ek is aan Hom gewy.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon