Gee jou alles vir God

Gee jou alles vir God

“Vereer die Here met alles wat jy besit. Gee vir Hom die beste van jou oes. Hy sal jou opgaarplekke vol maak. Jou parskuipe sal oorloop van al die wyn.” Spreuke 3:9-10 NLV

Baie mense wil ontvang van God, maar hulle is nie gewillig om alles van hulself oor te gee aan Hom nie. Die waarheid is dat dit goed is vir elkeen van ons om ons lewens en harte gereeld te evalueer, sodat ons gefokus op God kan bly en om alles te kan doen wat Hy in ons harte sit. Daar sal tye wees wat ons dalk weer ‘n nuwe besluit moet maak om te gee van onsself, ons tyd en ons geld vir die Here se werk.

Moenie toelaat dat die vyand met vrees gedagtes jou ompraat om nie te gee nie. Jesus moedig ons aan om nie bekommerd of vreesagtig te wees oor enigiets nie, maar God ken ons behoeftes en belowe om vir ons te sorg (sien Mattheus 6:25-34).

Spreuke 3:9-10 sê, vereer die Here met alles wat jy besit. Gee vir Hom die beste van jou oes. Hy sal jou opgaarplekke vol maak. Jou parskuipe sal oorloop van al die wyn. Wanneer jy jou alles vir God gee, sal Hy getrou wees om ook na jou om te sien.

Gee jouself oor aan God. Gee Hom alles wat jy is, alles wat jy hoop om te wees, al jou drome, visie, hoop en begeertes. Maak alles Syne, en Hy sal Sy krag deur jou lewe kan demonstreer.

Gebedsbeginpunt:

God, vandag gee ek U my alles: my hande, my mond, my gedagtes, my liggaam, my geld en my tyd. Alles wat ek het is U s’n. Ek wil U wil vandag doen.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon