Gee jouself as offerande

Gee jouself as offerande

‘’Nou wil ek julle baie ernstig vra, broers en susters: As julle dink aan alles wat God in sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as ’n lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak.’’ – Romeine 12:1 NLV

In 2 Korintiërs 8 toe Paulus met die gelowiges in Korinte gepraat het oor hulle offers, het hy die kerke in Macedonië gebruik as voorbeeld. Hy het in vers 5 gesê, ook (hierdie gawes was nie net die bydrae) wat ons verwag het nie, maar eers het hulle hulself aan die Here en aan ons (as Sy agente) oorgegee soos die wil van God (hulle persoonlike belange heeltemal buite rekening gelaat, en soveel gegee as wat hulle kon, nadat hulle hulself tot ons beskikking gestel het om deur die wil van God gelei te word).

Dit verbaas my net, want hulle het nie net hul geld gegee nie – maar hulself gegee.

Ek wonder hoeveel van ons is bereid om ons name neer te skryf as offerande. Romeine 12:1 sê dat ons onsself as offer aan God moet gee. Dit beteken om buite die kerk vir God te leef.

Dit beteken om bereid te wees om geld te gee, maar dit beteken ook dat jy bereid moet wees om elkeen lief te hê wie God op jou pad plaas. Dit beteken dat jy bereid moet wees om enige hulpbron wat jy het vir Sy koninkryk te gebruik.

Die volgende keer wanneer jy in die kerk is en die kollektebordjie kom om, moedig ek jou aan om aan God te sê dat jy jouself aan Hom gee.


Gebedsbeginpunt

Here, ek wil alles wat ek het aan U gee. Ek bied myself aan as ‘n lewende offer. Wys my hoe U wil hê ek moet die hulpbronne wat U my gegee het, te gebuik tot eer van U.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon