“want julle word nog steeds deur wêreldse neigings beheer. Julle is jaloers op mekaar en maak rusie. Is dit nie ’n bewys dat julle nog deur wêreldse neigings oorheers word nie? Julle tree op soos mense wat nie aan die Here behoort nie.” 1 Korintiërs 3:3 NLV
Daar is twee tipes Christene, en jy moet kies watter een jy wil wees. Wil jy ‘n vleeslike Christen wees of ‘n geestelike Christen?
‘n Vleeslike Christen is iemand wat heeltyd ander mense probeer gelukkig hou en hulle gee meer om oor wat ander van hulle dink as wat hulle God gehoorsaam. Hulle is onvolwasse, reageer uit hul emosies uit en doen watookal hulle wil sê en doen. Hulle is gewoonlik in twis, ontevredenheid, neem maklik aanstoot en het geen vrede nie.
‘n Geestelike Christen is iemand wat ywerig die Heilige Gees se wil volg. Hulle voed hul gees met die Woord elke dag, en laat God in elke area van hul lewens toe. Hul verhouding met God is die fokus van hul lewens elke dag, nie net op kerk dag een keer ‘n week nie.
As jy dit nog nie gedoen het nie, moedig ek jou sterk aan om vandag ‘n besluit te neem om Jesus voltyds te volg. Laat die Here toe in alles wat jy doen. Wandel in liefde, met integriteit, nederigheid en vrede. Kom goed oor die weg met ander. Wys die vrug van die gees en geniet die guns van God.
Gebedsbeginpunt
God, ek wil nie ‘n vleeslike Christen wees nie, wat altyd deur die vlees gelei word. In plaas daarvan wil ek gelei word deur die Heilige Gees om ‘n lewe te leef wat U sal behaag. Ek kies vandag om ‘n geestelike Christen te wees nie ‘n vleeslike een nie.