‘’Hy wat iets gee vir ’n arm mens sal self nooit iets kortkom nie…’’ Spreuke 28:27 NLV
Ek het besef die beste manier om geld te hanteer, is om dit weg te gee. Ons moet aanhou om te gee, veral in moeilike finansiële tye. Dit help ons om ‘n Bybelse fokus op ons finansies te hou. Dit is altyd moontlik om te hou by God se finansiële beginsels, selfs in moeilike tye. Jy mag jouself bevind in ‘n onmoontlike finansiële situasie en mag voel dat jy in geen posisie is om te gee nie, maar moenie dat dit jou keer nie. God wil jou help wanneer jy werk met slegs dit wat jy het. Lukas 19:17 vertel ons dat God verheug is wanneer ons getrou en betroubaar is in selfs die kleinste dingetjies. Wanneer so, sê Hy dat Hy ons gesag sal gee oor groter dinge. Spreuke 28:27 sê, Hy wat iets gee vir ‘n arm mens sal self nooit iets kortkom nie – wanneer ons God gehoorsaam met ons finansies, al het ons nie veel nie, en gee om ander te help, sal God voorsien in dit wat ons nodig het. Dit is so eenvoudig. Kies vandag om ‘n gewer te wees en jy sal niks kortkom nie.
Gebedsbeginpunt
Here, ek kies vandag om my finansies aan U te gee. Selfs in moeilike tye, weet ek U finansiële beginsels is van toepassing en dat U vir my sal sorg. U is my Voorsiener!