Glo in iets

Toe het die Here geantwoord: ‘Skryf my antwoord, die visioen, in groot, duidelike letters op kleitablette sodat iemand wat verbyhardloop dit kan lees.’ – Habakuk 2:2

Begin in iets glo vir jou lewe. Ek sê altyd: ‘Ek glo liewer vir baie en kry ’n bietjie as wat ek glo vir niks en alles kry.’ Die duiwel wil hê jy moet vir niks glo nie sodat hy dit alles vir jou kan gee, maar God wil hê jy moet vir iets glo.

God wil hê ons moet vordering maak. Begin doel­ bewus droom. Habakuk sê vir ons om die visioen neer te skryf en dit so duidelik te doen dat enigeen wat verbykom, dit kan sien. Skryf party van die dinge vir jou lewe waarvoor jy op God vertrou op papier neer. Wees vol hoop en wees ’n mens met ’n doel. Bestudeer God se beloftes en sê vir Hom jy verwag om hierdie beloftes in jou lewe tot wasdom te sien kom.


Kraggedagte

Ek het ’n visie van God se goeie plan vir my lewe.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon