God het jou onvoorwaardelik lief

Niks kan ons ooit van Christus se liefde skei nie. Nie dood of lewe of engele of duiwelse magte nie . . . Ja, hoegenaamd niks daarbo of onder in die dieptes of elders in die skepping sal ons ooit kan skei van die liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie. – Romeine 8:38–39

Liefde – om te weet jy word liefgehê – is wat elke mens wil hê. Elke mens wil waardevol voel. Alle mense wil voel dat hulle saak maak.
Raai wat? God het jou onvoorwaardelik lief. Hy het jou nie lief danksy enigiets wat jy doen of nie doen nie; God het jou net lief. Daar is niks wat jy daaraan kan doen nie. Jy kan nie sy liefde koop nie. Jy kan nie van sy liefde ontslae raak nie. Niks kan jou skei van God se liefde nie.
Jy is doelbewus geskep deur God se hand en jy is ’n wonderwerk wat nie herhaal kan word nie. Daar is niemand anders presies soos jy nie. Daar sal ook nooit iemand anders presies soos jy wees nie. En God het ’n ongelooflike, wonderlike plan vir jou lewe.


Kraggedagte

God het my onvoorwaardelik lief en niks kan my van sy liefde skei nie.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon