Die dag wanneer ek bang word, sal ek net op U vertrou. (Psalm 56:4)
Een van die mooiste dinge van jou lewe in God is dat jy Hom kan vertrou. Om God te vertrou is ‘n wonderlike voordeel. Dit is iets wat ons besluit om deur geloof te doen, nie iets wat ons noodwendig voel nie.
Vertroue is wat ‘n verhouding veilig en betroubaar maak. Dink so daaroor: ons sit ons geld in ‘n bank omdat dit ‘n goeie reputasie het en ons besluit om die instelling te vertrou om ons geld veilig te hou. God het ‘n baie beter reputasie as selfs die beste bank in die wêreld, so ons kan sekerlik besluit om ons lewens by Hom te deponeer en ons totale vertroue in Hom te plaas.
Jy kan God vertrou om te verstaan waardeur jy ook al gaan, want Hy verstaan jou beter as wat jy jouself verstaan. Jy kan Hom vertrou om jou deur enige storm te help, om jou nooit te verwerp nie, om altyd daar te wees vir jou, om aan jou kant te wees en jou onvoorwaardelik lief te hê. Hy is betroubaar en sal jou nooit in die steek laat nie!
Vandag se Gedagte
Ander het dalk jou vertroue geskend, maar God sal nooit. Maak jou hart oop vir Hom en kies om jou vertroue in Hom en Sy groot liefde vir jou te plaas. Hoe meer jy Hom vertrou, hoe beter sal jou lewe wees.
Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Psalm 119:138; Psalm 33:4