“Jesus sê toe vir haar: “Het Ek nie vir jou gesê dat as jy glo, jy die heerlikheid van God sal sien nie?” —Johannes 11:40 NLV
Onthou jy toe Jesus vir Maria en Marta gaan kuier het nadat hul broer Lasarus al vier dae dood was? Toe Hy uiteindelik gekom het, het Marta gesê: Here, as U maar net hier was, sou my broer nie gesterf het nie (Johannes 11:21).
Marta was duidelik in ‘n toestand van wanhoop. Toe sê Jesus vir haar, jou broer sal weer opstaan. Marta het teruggesê dat sy weet dat hy weer sal opstaan in die opstanding van die laaste dag (vers 23-24). Ek dink nie sy het verstaan presies wat Jesus bedoel het nie. Sy het gekyk na ‘n toekomstige moontlikheid, maar nie ‘n huidige realiteit nie. Sy het nie verwag dat dinge sal begin verander nie.
Baie van ons is soos Marta, vasgevang in ons huidige moeilikhede, en ons besef nie dat God op enige tyd dinge kan omdraai nie. Maar Jesus het Lasarus uit die dood laat opstaan en Hy kan die “Lasarus’e” in jou lewe laat opstaan. Of jy Hom nodig het om ‘n verhouding te herstel, jou deurbraak te gee in jou gesondheid of finansies, of om ‘n blok te verwyder wat jou weerhou daarvan om vorentoe te beweeg in Sy wil vir jou lewe. Watookal jou behoefte mag wees, alle dinge is moontlik met God! (Sien Markus 10:27).
Moenie hoop verloor nie. Jy mag dalk nou seer hê, maar uit elke moeilikheid, kan God ‘n nuwe begin bring. Glo in God en kyk hoe Hy Sy glorie in jou lewe gaan kom wys.
Gebedsbeginpunt
Here, ek weet dat U enige situasie in my lewe kan uitwerk vir U glorie. In plaas daarvan dat ek opgesweep raak in my probleme, wil ek U vertrou om die “Lasarus’e” in my lewe te laat opstaan.