“As jy nie glo nie, is dit onmoontlik om God tevrede te stel. Wie tot God wil nader, moet glo dat Hy werklik dáár is en dat Hy dié wat na Hom soek, beloon.” Hebreërs 11:6 NLV
Ek was baie erg mishandel in my kinderjare. My lewe was aaklig! Ek kan nie onthou dat ek ooit werklik gelukkig was totdat ek in my twintigs was nie. My gedagtes was ‘n gemors, my emosies was ‘n gemors… alles was ‘n gemors!
Maar ek dank God dat ek nie so gebly het nie! God het met my gewerk, my verander en my deur alles gebring. Nou het ek ‘n wonderlike verhouding met God, regte vrede en vreugde, goeie verhoudings met familie en vriende en ek doen wat God my geroep het om te doen.
Hebreërs 11:6 sê vir ons dat God dié wat na Hom soek sal beloon. Ek het ontdek dat enigiets wat ek opgeoffer het om nader aan God te kom en Hom te gehoorsaam, ek van Hom ontvang het, baie meer as wat ek gegee het. En wat Hy my gegee het was altyd baie beter.
Jy mag dalk dink, maar Joyce, jy weet nie waardeur ek gaan nie. Dis so moeilik!
Ek verstaan – ek is al deur baie moeilike dinge ook. Maar God sal die beloon wat Hom soek. Wees gedetermineerd om Hom te soek in die middel van jou moeilike omstandighede. Hy is meer as bekwaam om jou gemors skoon te maak!
Gebedsbeginpunt
God, ek glo U kan my gemors skoonmaak. In plaas daarvan dat ek in my moeilike omstandighede vas bly, soek ek U ernstig vandag en verwag dat U iets goed in my gaan doen.