God kan gekraakte potte gebruik

God kan gekraakte potte gebruik

‘’Tog, Here, is U ons Vader. Ons is soos klei en U is die Pottebakker. Deur u hand is ons almal gevorm.’’ – Jesaja 64:8 NLV

God vereis nie dat ons perfek moet wees nie – Hy het ons gemaak en Hy weet dat ons menslik is en dat ons foute sal maak. Ons taak is om elke dag op te staan en ons bes te doen om God te dien met die gawes wat Hy aan ons gegee het. En as ons foute maak, moet ons regmaak met God, Sy vergifnis ontvang en aangaan. Baie mense voel dat God hulle nie kan gebruik nie omdat hulle nie perfek is nie, maar dit is ‘n leuen. God (die Pottebakker) gebruik gekraakte potte om Sy werk te doen. As Christene is ons houers wat God met Sy goedheid en lig wil vul. Dan moet ons daardie goedheid en lig na ‘n donker wêreld toe dra en dit met mense deel oral waar ons gaan. Moenie bang wees vir jou gebreke nie, erken hulle en laat God toe om jou in elk geval te gebruik. Hou op om te bekommer oor wat jy nie is nie, en gee God wat jy is. Hou jou fokus op God wat perfek is en wat Hy deur jou en in jou kan doen. As ‘n gekraakte pot kan jy wonderlike dinge bereik. Jy kan iemand gelukkig maak. Jy kan diegene rondom jou aanmoedig, oprig en vermaan. Jy kan jou gawes en talente gebruik om God te dien.


Gebedsbeginpunt

Here, ek is miskien ‘n gekraakte pot, maar U is die Pottebakker en U kan my gebruik vir U doeleindes ten spyte van my gebreke. Vul my met U goedheid en lig sodat ek dit in die wêreld rondom my kan dra.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon