God maak deure oop en toe

God maak deure oop en toe

“Skryf aan die voorganger van die gemeente in Filadelfia. So sê die Heilige, die Betroubare – Hy wat die sleutel van Dawid hou en deure oopsluit, en niemand kan dit toesluit nie; en Hy sluit en niemand kan dit weer oopmaak nie.” Openbaring 3:7 NLV

Daar is kritiese tye in ons lewens waar ons veral nodig het om te weet dat ons helder van God hoor. Dit is nie altyd maklik om te weet of Sy stem van ons eie emosionele redenasies is nie. Maar ek weet uit ervaring dat God deure van geleenthede oopmaak wat niemand kan toemaak nie en Hy kan ook deure toemaak wat ons nie kan oopmaak nie.

Ek het baie jare probeer om dinge te “maak” gebeur wat ek wou hê moes gebeur in die lewe. Die resultaat was frustrasie en teleurstelling. Maar ek het uitgevind dat as ons afhanklik van God is, sal Hy ons guns gee en dinge maklik maak vir ons soos ons Hom en Sy perfekte tydsberekening soek. Hy lei ons stap vir stap. As jy een stap vorentoe vat in die verkeerde rigting, sal Hy jou laat weet voor jy te vêr gaan.

Wees bewus dat Sy gedagtes hoër as jou gedagtes is. Hy sien die einde van die begin. Al Sy manière is reg en seker. Hy weet wat sinmaak vir jou lewe en Hy kan dit laat gebeur. Luister na Sy stem en jy sal nie mislei word nie.


Gebedsbeginpunt

God, ek vertrou U om die regte deure oop te maak in my lewe en maak die verkeerdes toe te maak. Selfs as ek nie weet wat om te doen nie, het ek geloof dat ek van U kan hoor en U wil kan volg.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon