God praat met jou

God praat met jou

“Wanneer Hy ook al kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle begelei in die volle waarheid. Hy sal nie uit Homself praat nie, maar net sê wat Hy hoor. Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle meedeel”. Johannes 16:13 NLV

Dit klink dalk soos ‘n fondasie beginsel, maar ek glo dat daar nog baie mense is wat nogsteeds bevraagteken of God werklik met mense praat. Het jy al ooit hieroor gewonder? Vra jy jouself af of God werklik met jou sal praat? Jy sal bly wees om te hoor die antwoord is ja.

Teenaan die einde van Sy lewe op aarde, het Jesus aan sy dissipels gesê dat Hy nog baie dinge vir hulle wou sê, maar dat hulle nie reg was om dit te hoor of te verstaan nie. Maar dat wanneer die Gees van Waarheid kom, Hy hulle wel sal lei in alle waarheid (Johannes 16:12-13).

Toe Jesus hierdie woorde gesê het, het Hy gepraat met die mans saam met wie Hy die laaste drie jaar mee gewandel het… en Hy het nogsteeds meer gehad om hulle te leer. Dit is nogal verbasend, want ek sou dink dat as Jesus vir drie jaar by my was, dag en nag, dat ek sekerlik alles al sou geleer het wat ek moes.

Maar Jesus het altyd meer om te sê omdat ons gedurig nuwe situasies gaan beleef waardeur Hy ons wil begelei.

Dit is hoekom daar aan ons die Heilige Gees gegee is – sodat ons kan hoor as God praat, selfs al is Hy nie fisies voor ons in die vlees nie.

Deur Christus, en die krag van die Heilige Gees, wil God met jou praat op ‘n daaglikse basis. Hy wil jou stap-vir-stap lei na die goeie dinge wat Hy vir jou beplan het.

Die Vader sal die gawe van die Heilige Gees gee vir elkeen wat daarvoor vra (sien Lukas 11:13). Ek wil weer sê met liefde in my hart, dat elkeen van ons van God kan hoor en gelei kan word deur Sy Heilige Gees op ‘n daaglikse basis.

Luister jy?


Gebedsbeginpunt

Vader God, ek vra om gelei te word deur U Heilige Gees. Ek glo dat U met my praat en wil weet wat U sê.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon