God se agapé liefde

God se agapé liefde

“God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.” —Johannes 3:16 NLV

Die Bybel praat van verskillende tipes liefde. Daar is die griekse woord, ‘phileo’, wat beteken die ‘vriendskap of sagte liefde’. Dan is daar ‘eros’, die passievolle tipe liefde wat ons voel vir ‘n beminde. Maar dan is daar ‘n derde tipe liefde, ‘n hoër tipe liefde.

Agapé is die tipe liefde wat God vir Sy Seun en die mensdom het. Dit is ‘n liefde wat opoffer…die tipe liefde wat ons sien in Johannes 3:16: God het die mensdom so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het…(NLV).

Daar is soveel skrif op hierdie onderwerp, dit is regtig iets wat jy vir jouself moet bestudeer. ‘n Ander skrif wat die konsep van agapé liefde illustreer is Matteus 5:44. Dit sê vir ons om ons vyande lief te hê en te bid vir dié wat ons vervolg.

Dit is nie moeilik om te bid vir mense wie vir jou goed is nie. Maar dit strek jou om te bid vir dié wat jou seergemaak het. Dit is maklik om saam met ons vriende by die kerk te kuier. Maar dit is baie moeiliker om na die persoon uit te reik wat mismoedig en alleen is en net bietjie na hom toe uit te reik. Dít is agapé liefde. Dit is ‘n opoffering van jou gemak om te doen wat reg is.

Jou kan iemand ‘agapé liefde’ wys deur net geduldig met hulle te wees, te verstaan en met tye iets bemoedigend te sê. As mense is ons soms baie selfsugtig en vra heeltyd, ‘wat van my?’. Dit is tyd om wraak te verklaar op selfsugtigheid met die krag van agapé liefde.

Dit is tyd om goed en liefdevol te wees soos ons leer en verstaan wat die skrif ons leer van liefde. En laat toe dat God se agapé liefde deur jou vloei na ander.


Gebedsbeginpunt

Here, U kragtige agapé liefde is wonderlik. Bekragtig my soos ek wraak verklaar op selfsugtigheid en ‘n doelbewuste besluit maak om ‘n lewe van agapé liefde te leef.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon