Ten Volle Oortuig van God se Beloftes

Abraham het nie getwyfel aan God se belofte nie; inteendeel, sy geloof het sterker geword en so het hy die eer aan God gegee. Hy was absoluut daarvan oortuig dat God enigiets kon doen wat Hy beloof het. (Romeine 4:20-21)

Die Bybel verklaar dat Abraham ”ten volle oortuig” was aangaande die belofte van God; hy het nie getwyfel of twyfelend bevraagteken nie. Met ander woorde, hy het sy gedagtes gerig en kon dit gerig hou tydens versoeking.

Jy sal versoek word; dit is net ‘n feit van die lewe. Met God se hulp kan jy versoeking weerstaan. Die Bybel sê ons moet op ons hoede wees en dit beteken dat ons moet oppas vir die dinge wat die duiwel gebruik om ons geloof in God te ontspoor.

Mense wat hul gedagtes gerig het, sal by hul besluite bly, en besef dat hulle deur moeilike tye sal moet kom om die resultaat te kry wat hulle verlang. Om jou gedagtes op dinge hierbo te rig (sien Kolossense 3:2) beteken om ferm te wees in jou besluit om saam te stem met God se manier van lewe, ongeag wie of wat jou kan probeer oortuig dat jy verkeerd is.


Vandag se Gedagte

Besluit voor die tyd dat jy die hele pad saam met God sal gaan.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Eksodus 14:14; Jesaja 41:13

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon