‘En Ek sal hulle harte verander en hulle gees nuut maak. Ek sal die harte van klip wegneem en vir hulle sagte harte in die plek daarvan gee.’ – Esegiël 11:19
God het ons ’n natuurlike hart gegee, ’n sagte hart, en Hy wil hê ons moet dinge doen wat goed is vir ons, soos om tyd saam met Hom deur te bring. Maar Hy wil nie hê ons moet ons stiltetyd laat ontaard in ’n wet nie – soos om te glo ons moet vyftien minute lank bid, twintig minute lank Bybel lees en elke dag tien minute lank die Woord bely om Hom tevrede te stel.
Sodra ons dinge beskou as wette en reëls, verdwyn die vreugde daaruit en word dit werke van die vlees. Laat God jou lei in die tyd wat jy saam met Hom deurbring en jy sal nooit verveeld raak nie. Die Heilige Gees is kreatief en Hy sal jou help om jou tyd by God nuut en opwindend te hou.
Voordat ons Christus aanvaar het, was ons harte te hard om deur die Gees gelei te word, maar God het ons ’n nuwe hart gegee en nou kan ons sy leiding volg.
Kraggedagte
Ek is gehoorsaam aan God se leiding omdat Hy my ’n sagte hart gegee het; Hy rig my lewe.