God se liefde is groter

God se liefde is groter

“Ja, hoegenaamd niks daarbo of onder in die dieptes of elders in die skepping sal ons ooit kan skei van die liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie.” —Romeine 8:39 NLV

Mishandeling beteken om “te misbruik, om verkeerd te gebruik, om op te gebruik of seer te maak deur mishandeling”. Die gevolge van mishandeling kan verwoestend en langduring wees. Baie mense genees nooit daarvan nie.

Daar is verskillende tipe mishandeling: seksueel, emosioneel, verbaal of fisies. Maak nie saak watter vorm dit is nie, die resultate is altyd verskriklik. Dit weerhou jou daarvan om ordentlik te funksioneer en ook om God se liefde te ontvang en Sy geregtigheid, vrede en vreugde van Sy Koninkryk te ervaar.

Ek verstaan dit eerstehands want ek was mishandel van my kinderjare af. Gelukkig ken ek nie net die krag van mishandeling nie, maar ek ken die groter krag van God se liefde.

As gevolg van God se liefde, kon my verlede nie meer my toekoms affekteer nie.

As jy ooit mishandel was, verstaan vandag dat God jou lief het. Niks kan jou skei van Sy liefde nie. Hy het ‘n manier gemaak vir jou om vry te wees van jou verlede sodat jy in God se goeie planne vir jou kan leef. Met Jesus is daar hoop vir ‘n nuwe lewe. Sal jy Sy liefde ontvang vandag?


Gebedsbeginpunt

Here, ek wil nie toelaat dat enigiets in my verlede my weerhou van U planne en doel vir my lewe nie. Oorweldig my met U liefde vandag sodat ek U genesing en vryheid van mishandeling kan ervaar.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon