“Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom.” —Filippense 1:6 NLV
God het ‘n perfekte plan vir jou lewe! Ons het almal al daardie frase gehoor, maar ek dink nie baie van ons glo dit regtig nie. Miskien is dit die woord “perfekte” wat ons pla. Niemand is perfek nie, en die idee van perfek wees voeg net druk en stress tot ons lewens toe.
Perfeksie voel onmoontlik. Maar raai wat? Dit is!
God se plan is nie perfek omdat ons perfek is nie. Die plan is perfek omdat God die een is wat dit ontwerp het. Die perfeksie kom van Hom en net Hy alleen is perfek. Hy ken ons beter as wat ons onsself ken, en Hy het ‘n plan ontwerp en in aksie gesit spesifiek vir elkeen van ons se lewens.
Paulus sê in Filippense 1:6 dat God ons gered het en ‘n goeie werk in ons begin het, en dat Sy werk in ons voltooi sal word.
As ons dink aan God wat in ons werk, moet ons onsself herinner dat selfs al is ons nie perfek nie, dat God perfeksie self is. Niks wat ons doen kan ooit genoeg wees om God se perfeksie te bevredig nie. Net Jesus, die Perfekte Een, is goed genoeg. En omdat ons in Christus is, is God se perfekte plan vir ons moontlik!
Gebedsbeginpunt
Liewe Here, ek weet dat ek nie perfek is nie, maar ek is dankbaar dat U plan vir my nie op my perfeksie maar U perfeksie gebaseer is. Baie dankie dat U ‘n goeie werk in my bewerkstellig. Ek vertrou U om dit te voltooi.