God versterk jou

‘Ek is by jou. Jy hoef nie bekommerd te wees nie. Ek is jou God. Jy hoef nie bang te wees nie. Ek sal jou help. Ek sal jou sterk maak. Ek sal jou met my krag beskerm.’ – Jesaja 41:10 (Die Boodskap)

Wat bedoel hierdie Skrifgedeelte wanneer dit sê: ‘Ek versterk jou, Ek help jou’? Dit beteken God maak jou sterker en sterker wanneer jy probleme ervaar. Dit beteken ook God help jou sodat die pro­bleme jou al hoe minder beïnvloed soos jy hulle hanteer. Dit is soos oefening: Wanneer jy dit die eerste keer doen, word jou spiere styf en seer, maar as jy aanhou oefen ten spyte van die pyn, bou jy jou spiere en word jy ál sterker. Kort voor lank is dit vir jou maklik om te doen wat eers moeilik was.

Terwyl jy saam met God stap, maak Hy jou heeltyd sterker. Jy kan elke nuwe uitdaging aanpak en jy kan alle vrese oorkom. God sal jou voortdurend die krag gee wat jy nodig het om probleme te oorkom, en jy sal geestelik meer volwasse word.


Kraggedagte

Elke uitdaging wat my in die gesig staar, is ’n geleentheid vir God om my sterker te maak.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon