
Die Here is my herder; daar is niks wat my ontbreek nie.– Psalm 23:1
Om ’n goeie gesindheid te behou in moeilike omstandighede is ’n deug en is baie belangrik, maar dit is nie God se wil dat enigiemand aanhoudend moet swaarkry nie. Die apostel Paulus het gesê hy weet wat armoede is en hy weet wat oorvloed is (sien Filippense 4:12). Ons beleef almal swaarkry in hierdie lewe, maar ons kan, en moet, God se verlossing verwag saam met ’n terugkeer tot ’n oorvloedige lewe.
Ons moet God nooit beskou as ’n suinige God wat iets weerhou wat ons nodig het nie. Daar is vir seker tye wanneer ons nie kry wat ons wil hê wanneer ons dit wil hê nie, maar as dit gebeur, het God ’n goeie rede. Dalk is die tydsberekening nie reg nie, of ons is nie volwasse genoeg om dit al te hanteer nie. Dalk het Hy iets beters vir ons in gedagte, maar dit is nooit omdat Hy ons nie wil seën nie. So ’n gedagte is nie versoenbaar met wie Hy is nie.
Kraggedagte
Die Here is my herder; ek het alles wat ek nodig het.