God word nie verheerlik deur ons lyding nie

God word nie verheerlik deur ons lyding nie

“Laat julle gedagtes beheer word deur die hemelse dinge, nie deur dinge op die aarde nie.” —Kolossense 3:2 NLV

Baie Christene leef onder die valse idee dat God wil hê hulle moet ly. Dit veroorsaak ‘n onophoudelike slagoffermentaliteit.

Lyding is onvermydelik, maar God put nie vreugde uit ons lyding nie.

Dit seën God as ons ‘n goeie gesindheid het gedurende lyding – en Hy wil hê ons moet oorwin!

So hoekom kies ons om bitter, kwaad en gewond of depressief te bly?

Daar is een besliste manier wat ons lyding kan oorkom met die regte gesindheid: laat jou gedagtes beheer word deur die hemelse dinge, nie deur die dinge op aarde nie. Jy moet gewapen wees met die regte denke, of anders gaan jy opgee as dinge moeilik gaan.

Fokus jou gedagtes en wees ten volle bewus dat om te beweeg van ‘n slagoffer na ‘n oorwinnaar gaan nie ‘n vinnige proses wees nie. Dit gaan tyd neem, maar jou ervaring gaan jou sterker maak en jou bekwaam om ander te help wat deur ‘n soortgelyke stryd gaan.

So raak opgewonde oor jou toekoms en besef dat as jy deur iets gaan met God, dit beteken dat jy aan die ander kan gaan uitkom met ‘n oorwinning wat nooit van jou af weggeneem sal word nie.


Gebedsbeginpunt

God, ek het U hulp nodig om oor my slagoffermentaliteit te kom. Ek kies om my gedagtes te laat beheer deur hemelse dinge sodat ek die regte ingesteldheid kan hê. Met U gedagtes en waarheid binne my, weet ek dat ek kan oorwin.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon