Haal die masker af

Haal die masker af

“Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al hoe meer verander om soos die Here te lyk, met ’n heerlikheid wat steeds toeneem namate die Here, dit is die Gees, dit aan ons gee.” —2 Korintiërs 3:18 NLV

Soveel keer leef ons op een manier aan die buitekant, maar ons is ‘n totale ander mens aan die binnekant. Omdat ons swakhede, foute en vrese het – dinge wat ons dink sal maak dat mense minder van ons sal hou – kruip ons eerder weg of steek dit weg vir ander. So ons dra maskers.

Die gevaar van ‘n masker dra is dat dit ons nie werklik reg verteenwoordig nie. Wat ander mense dan sien is ‘n leuen. Dit is nie wie ons is of wie ons gebore is om te wees nie. Ons kan aan die buitekant verander, maar ons kan nie verander wie ons regtig diep binne is nie – net God kan ons harte verander.

Ons moet besef dat God ons lief het net soos ons is, en Sy liefde vir ons sal nooit verdwyn nie.

En daar is meer goeie nuus. 2 Korintiërs 3:18 sê dat God besig is om ons te verander om meer soos Hy te lyk, Hy maak dit reg wat ons wil wegsteek.

Vertrou Hom genoeg om jou masker af te haal. Jy sal agterkom, soos ek het, dat jy verander word, bietjie by bietjie, na die spieëlbeeld van jou Here.


Gebedsbeginpunt

Here, ek besef dat ek baie keer ‘n masker dra sodat ek kan inpas en aanvaarding kry. Vandag wil ek ‘n besluit maak om my aanvaarding in U te vind. Soos U my oorweldig met U liefde, hou aan om my te verander na U beeld.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon