 
            Ek het wagte op jou mure gesit, Jerusalem. Hulle sal dag en nag bid. Julle wat die Here herinner aan sy beloftes, moenie rus nie. – Jesaja 62:6
Stel jou ’n kind voor wat na sy pa toe kom en sê: ‘Pappa, jy het belowe om vanaand met my te speel.’ Dit is ’n pragtige voorbeeld van ’n kind wat vertrou op sy pa se liefde. Maar dit is moeiliker om te glo ons kan as kinders na God die Vader toe gaan en Hom op dieselfde manier herinner aan sy beloftes teenoor ons.
Volgens die Woord het jy egter deur Christus die reg om met vrymoedigheid in Jesus se Naam na die troon te gaan met jou versoeke. God wil in werklikheid hê jy moet Hom herinner aan sy beloftes. Terwyl jy wag dat Hy sy plan vir jou lewe tot uitvoer bring, moet jy Hom in gebed herinner aan sy beloftes aan jou.
Kraggedagte
Ek gaan die Here herinner aan sy beloftes – om my voorspoed, ’n toekoms en ’n verwagting te gee.