Het God jou lief as jy foute maak?

Het God jou lief as jy foute maak?

“God laat blyk sý liefde vir ons egter daarin dat Christus vir ons kom sterf het ten spyte daarvan dat ons nog sondaars was. Ons is nou vrygespreek deur Jesus se dood. Hoeveel te meer sal Hy ons nie, deur Jesus, verlos van die toekomstige oordeel nie!” —Romeine 5:8-9 NLV

Het jy al ooit gewonder of jy goed genoeg vir God is om jou lief te hê? Ongelukkig glo so baie mense dat God hulle net lief het as hulle nie foute maak nie.

Miskien was dit hierdie siening wat die psalmis laat vra het: “wat is die mens dat U aan hom dink?” (Psalm 8:5). Tog sê die Bybel vir ons dat ons God se skepping is – die werk van Sy hande – en dat Hy ons elkeen onvoorwaardelik lief het.

Kom ons wees eerlik: Jesus het nie vir jou gesterf omdat jy wonderlik was nie; Hy het vir jou gesterf want Hy het jou lief. Romeine 5:8-9 bevestig hierdie waarheid deur vir ons te sê dat Hy vir ons gesterf het terwyl ons nog sondaars was.

God het jou lief genoeg gehad om Sy eniggebore Seun te gee, nie net om vir jou sondes te sterf, maar om ook jou daaglikse foute te bedek. Hy het jou so lief dat Hy wil hê jy moet elke dag in krag en oorwinning lewe.

God het jou lief en Hy wil hê jy moet dit glo en heeltyd ontvang…selfs al maak jy foute.


Gebedsbeginpunt

Here, U liefde is ongelooflik. U het my lief selfs al maak dit nie sin vir my nie. Wanneer ek foute maak, is U steeds met my. Dankie vir U onvoorwaardelike liefde vandag.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon