Hoe om jou geloof te laat toeneem

Kom ons hou ook styf vas aan die hoop wat ons bely, want ons kan op God staatmaak; Hy sal doen wat Hy beloof het. – Hebreërs 10:23

Om te praat oor jou geloof laat inderwaarheid jou geloof toeneem – omdat die dinge wat jy hardop sê in jou hart gevestig raak. Ek het gehoor dat ons meer glo wat ons self sê as wat ander mense sê; waarom sê ons dan nie die dinge wat ons waarlik glo nie? Sê gereeld: ‘Ek vertrou op God’ of: ‘Ek glo God werk in my lewe en omstandighede op hierdie oomblik.’ Sê: ‘God het my lief en Hy sal deur my werk om goed te doen aan ander mense.’

Die apostel Petrus sê ons moet die duiwel teëstaan (sien 1 Petrus 5:9). Ontwikkel die goeie gewoonte om jou geloof te bely sodra daar negatiewe gedagtes of woorde in jou kop opkom, of negatiewe gedrag of gesindhede kop uitsteek. Om jou geloof gereeld te bely sal jou geloof en jou vreugde laat toeneem. Onthou: ‘Elkeen wat vrygespreek word omdat hy glo, sal lewe’ (Rom. 1:17).


Kraggedagte

God is getrou; my hoop op Hom wankel nie.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon