Hoop: die gelukkige afwagting van goeie dinge

Hoop: die gelukkige afwagting van goeie dinge

‘’Verwagtings wat nie realiseer nie, lei tot mismoedigheid. ’n Begeerte wat vervul word,is soos ’n boom wat lewe gee.’’ —Spreuke 13:12 NLV

Ek definieer hoop as ‘’die gelukkige afwagting van goeie dinge.’’ As ons die goedheid van God verwag in ons lewens, maak dit die deur oop vir groter geluk. Hoop jy aggressief dat iets goeds met jou gaan gebeur?

Solank as ons leef, sal jy en ek altyd êrens heen gaan. God het ons geskape om doelgerigte visioenêres te wees. Sonder ‘n visie raak ons verveeld en sonder hoop. En hoop wat nie realiseer nie, lei tot mismoedigheid volgens Spreuke 13:12, maar as die begeerte vervul word, is dit ‘n boom wat lewe gee.

God wil hê ons moet lewe volgens Sy hoop sodat ons die lewe kan geniet.

Jy sal nie gelukkig wees as jy nie hoop het nie. Hoe meer hoop jy in God het, hoe gelukkiger word jy. Hoop glo dat alles sal goed gaan – hoop is positief! Om die lewe te geniet moet jy ‘n goeie, hoopvolle houding handhaaf. God is positief en Hy wil hê dat positiewe dinge met elkeen van ons moet gebeur, dus vul jouself vandag met Sy hoop en leef met die blye afwagting van goeie dinge.


Gebedsbeginpunt

Here, ek maak vandag die keuse om gelukkig te wees met U goedheid in my lewe, En namate my hoop toeneem, weet ek dat my vreugde ook sal toeneem. Here, ek hoop op U!!

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon