“Hý was daar vóór alles, en in Hom word alles saamgebind.” —Kolossense 1:17 NLV
Kolossense 1:17 is ‘n wonderlike skrif. Dit sê vir ons dat Jesus ALLES bymekaar hou. Sjoe! Selfs mense wat dit nie besef nie, word saamgebind en gehou deur Hom.
Dink daaraan. Ons kan nie goeie huwelike hê as Jesus dit nie saamhou nie. As Jesus nie ons persoonlike verhoudings ontwikkel nie, dan gaan ons nie goeies hê nie. Ons finansies is ‘n gemors sonder Jesus. Ons gedagtes en emosies is ‘n wrak sonder Hom. Alles is ‘n gemors sonder Jesus.
As Jesus nie die mees belangrikste faktor in ons lewens is nie, dan moet ons ons prioriteite heroorweeg. Matteus 6:33 sê vir ons dat ons heel eerste God en Sy Koninkryk moet soek, want as ons nie die eerste dinge eerste sit nie, sal alles daarna buite orde wees en probleme veroorsaak.
God se manier van wees, doen en soek van Sy Koninkryk is om uit te vind hoe Hy dinge gedoen wil hê: hoe om mense te hanteer, hoe om in situasies te reageer, hoe om geld te spandeer, watter tipe houding om te hê en watter tipe vermaak is beste vir ons.
Begin vandag om Hom eerste te plaas in jou lewe. Hy hou jou saam… Hy het jou gemaak om Hom te volg. Sit Hom eerste in jou lewe.
Gebedsbeginpunt
Vader, ek is niks sonder U nie. U hou my bymekaar…U hou alles bymekaar. U is die belangrikste in my lewe en ek sit U eerste.