En hierdie toekomsverwagting sal ons nie teleurstel nie, want ons weet hoe lief God ons het. Hy het sy liefde mos in ons harte uitgestort deur sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. (Romeine 5:5)
Ek dink ons het almal dinge nodig om na uit te sien. Dit kan ‘n goeie maaltyd wees na ‘n harde dag se werk, of dit kan jou jaarlikse vakansie wees. Die dinge waarna ons uitsien, motiveer ons om voort te gaan in die lewe. God wil goeie dinge vir elkeen van ons doen en Hy wil hê ons moet ons lewe geniet.
Bly altyd vol hoop, want dit is die selfversekerde verwagting van goed. Sien uit na en verwag goeie dinge in jou lewe. Abraham het teen hoop gehoop. Hy het gehoop toe daar geen fisiese rede was om te hoop nie. Om na jou omstandighede te kyk, sal jou nie altyd rede gee om te hoop nie. Jy kan verby dit kyk na God se Woord en onthou wat Hy in jou verlede gedoen het en wat Hy belowe om in jou toekoms te doen.
Vandag se Gedagte
Ons hoef nie te wag dat ons omstandighede verander om die lewe te geniet nie, want solank ons gedagtes hoopvol is, sal ons vreugde in ons harte hê.
Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Spreuke 23:18; Miga 7:7