Is Jesus Jou Nommer-Een Prioriteit?

Is Jesus Jou Nommer-Een Prioriteit?

Hý was daar vóór alles, en in Hom word alles saamgebind (Kolossense 1:17)

Kolossense 1:17 sê vir ons dat Jesus alles bymekaar hou. Wat ‘n wonderlike waarheid. Dink daaroor. Ons kan nie goeie huwelike of vriendskappe hê as Jesus dit nie bymekaar hou nie. Niks werk reg sonder Jesus nie. Niks werk reg sonder Jesus nie, so maak seker dat jy Hom nooi in alles wat jy doen.

As Jesus nie die belangrikste ding in ons lewens is nie, dan moet ons ons prioriteite herrangskik. Mattheus 6:33 sê vir ons om God en Sy koninkryk eerste te soek, want as ons nie eerste dinge eerste plaas nie, sal alles anders buite werking wees en probleme veroorsaak. As jy dit nog nie gedoen het nie, begin dan vandag deur vir Jesus die eerste plek in jou lewe te gee.


Vandag se gedagte

Wanneer jy jou lewe her-prioritiseer en Jesus bo-aan jou lys plaas, sal jy verbaas wees dat alles anders ten goede sal uitwerk.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon