“Wat is geloof dan? Dit is ’n vaste versekering dat die dinge waarna ons uitsien, inderdaad sal gebeur. Dit is die bewys dat God die dinge wat ons nog nie kan sien nie, waar sal maak.” Hebreërs 11:1 NLV
As jy dink aan die toekoms, is jy hoopvol? Of sukkel jy met ‘n gevoel van angs?
Mense wat God se getrouheid in die verlede al gesien en ervaar het is geneig om meer hoopvol oor die toekoms te wees. Hulle weet ‘n slegte situasie kan in ‘n wonderlike getuienis ontaard in ‘n mate van minute.
Aan die ander kant, mense wat alle hoop vir die lewe verloor het, sien die lewe van ‘n perspektief van mismoedigheid en angs waar hulle net na niks uitsien nie. ‘n Nabye neef van vrees, is angs, en dit steel die vermoë om gewone lewe te geniet en dit maak mense senuweeagtig oor die toekoms.
Hoop is die teenoorgestelde van mismoedigheid en angs – en hoop is ‘n nabye neef van geloof.
Wanneer ons geloof in God het, lei dit tot hoop en ons uitkyk op die lewe en toekoms is positief.
Hoop stel ons in staat om al ons onbeantwoorde vrae in God se hande te los en dit bekragtig ons om in vrede te bly en om die beste te glo oor wat nog kom.
Jy kan hoop hê as jy in God se liefde vertrou. Hy het die krag om te voorsien vir jou en lei jou in elke situasie.
Gebedsbeginpunt
God, ek kies om my geloof in U te sit en ek weet dat dit sal lei tot hoop. Ek hoef nie te vrees nie, want U het die vermoë om na my te kyk, so ek plaas my hoop in U.