
‘Bly weg van die kwaad af, ja, doen wat goed is. Soek vrede, ja, jaag dit na!’ – 1 Petrus 3:11
Die Woord van God gee ons opdrag om vredevolle verhoudings met God, onsself en ons medemens te begeer. Die Skrif sê in werklikheid dat ons dit nie net moet begeer nie, maar dit moet najaag en agtervolg.
Ek sê graag die Bybel is ’n boek oor verhoudings. Dit het baie te sê oor ons verhouding met God – alles begin by die ontwikkeling van ons verhouding met die Vader deur sy Seun, Jesus Christus. God se Woord praat ook omvattend oor ons verhoudings met ander mense – daar is lerings oor liefde, goeie gesindhede, diens aan ander en vrygewigheid. Die Bybel leer ons ook hoe belangrik dit is om ’n goeie gesindheid teenoor onsself te hê.
Ontvang God se liefde en bou ’n goeie verhouding met jouself. Skat jouself na waarde en besef dat jy geskep is na die beeld van God. Onthou, Hy vind vreugde in jou. Wanneer jou verhouding met die Vader en met jouself goed en liefdevol is, sal dit maklik wees om liefdevolle verhoudings met ander mense te hê.
Kraggedagte
Ek jaag vrede na in al my verhoudings.