Jesus Het Dit Alles Gedoen

Deur Christus en ons geloof in Hom, kan ons met vertroue vrymoedig na God toe gaan (Efesiërs 3:12)

Maak nie saak hoe hard ons probeer of hoeveel ons doen nie, ons kan nooit genoeg goeie dinge doen om God se goedkeuring en aanvaarding te verdien nie. Dit klink dalk frustrerend en nederig, maar dit is eintlik goeie nuus wanneer ons besef dat Jesus alles gedoen het wat gedoen moet word, en niks wat ons ooit kan doen sal verbeter op die werk wat Hy gedoen het nie. Die lewe, dood en opstanding van Jesus was genoeg vir jou en vir my.

Ware rus kom wanneer ons in staat is om te sê, ”Ek hoef niks te doen om God te kry om my lief te hê en te aanvaar nie.” Ons moet ons bes doen omdat ons God liefhet en nie om Hom te kry om ons lief te hê nie.

As gelowiges kan ons voor God kom as gevolg van alles wat Jesus gedoen het en besef dat ons voor God staan ”in Christus” nie in onsself nie. Ons het toegang tot die troon van God se genade as gevolg van die bloed van Christus, nie as gevolg van enigiets wat ons ooit kan doen nie. Jesus is altyd genoeg!


Vandag se Gedagte

Jou verhouding met God is nie gebaseer op wat jy doen nie, maar op wat Jesus vir jou gedoen het.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Johannes 17:3; 1 Johannes 5:20

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon