’n Goeie mens bring uit die oorvloed goeie dinge in sy hart goeie dinge te voorskyn en ’n slegte mens bring uit die oorvloed slegte dinge in sy hart die slegte te voorskyn. – Matteus 12:35
Jy hoef nie altyd jou gedagtes in woorde uit te spreek vir mense om te sien wat jy dink nie. Dink hoe tree jy op tydens ’n eerste afspraak met iemand van wie jy hou. Jy wys tekens van aanvaarding en goedkeuring. Jy glimlag baie en moedig hom of haar aan met jou oë, en jy knik om te wys jy stel belang. Sonder om ’n woord te sê, wys jou liggaamstaal: ‘Ek hou van jou!’ Dink nou hoe jy optree wanneer jy in die ry staan by die winkel en die kassier werk stadig en onbeholpe. Jy verskuif jou gewig van die een voet na die ander, vou jou arms en rol selfs jou oë. Jou houding praat weer eens namens jou.
Jy dink dalk jou gedagtes is verborge, maar dit kom na vore in jou houding, jou liggaamstaal, woorde en dade. Maak seker jy openbaar ’n goeie gesindheid.
Kraggedagte
My gedagtes bepaal my gesindheid