As ons egter ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van alles wat verkeerd is. (1 Johannes 1:9)
God verwag nie van ons om nie foute te maak nie. Hy weet reeds van elke fout wat ons ooit sal maak en Hy het reeds besluit om ons te vergewe. Sonde moet wel betaal word, maar ons hoef nie te betaal nie. Jesus het reeds vir ons sonde betaal.
Wat as jy na die elektriese maatskappy gaan om jou rekening te betaal, hulle jou rekening opsoek en sê, ”Iemand het gister jou rekening ten volle betaal.” Hoe dwaas sou dit wees as jy aanhou om die rekening te probeer betaal wat reeds betaal is?
Dit is presies wat ons soms doen oor ons sondes. Ons vra God om ons te vergewe en Hy doen, en tog bly ons probeer om met skuldgevoelens te betaal. In ons stiltetyd met God kan ons leer om te vra en te ontvang. Om vergifnis te vra is een stap, maar om dit te ontvang voltooi die proses.
Vandag se Gedagte
Hou op om ‘n skuld te probeer betaal waarvoor Jesus reeds betaal het.
Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Psalm 51:1-2; Romeine 3:23-25