“Jesus het hulle aangekyk en gesê: “Menslik gesproke is dit onmoontlik, maar tog nie by God nie. Alles is by God moontlik!” —Markus 10:27 NLV
Dit is verstommend om te sien hoeveel begaafde mense daar is wat net op die lewe se kantlyne sit en niks doen nie. Hulle vat nooit ‘n stap vorentoe om die gawes te gebruik wat God hulle gegee het nie, want hulle glo nie hulle het ‘n gawe in die eerste plek nie. Is jy een van hulle?
Die waarheid is dat God elkeen van ons gawes, talente en vermoëns gegee het. Hy het ‘n groot plan vir jou en het jou bekwaam om wonderlike dinge vir Sy Koninkryk te doen. Maar totdat jy jouself sien hoe God jou sien en Hom vertrou om jou te bekwaam, sal jy nie kan styg tot jou God-gegewe potensiaal nie.
As jy sukkel met ‘n swak selfbeeld en min selfvertroue, wil ek hê jy moet weet dat God jou geskep het met wonderlike potensiaal. En as jy God vertrou en glo dat jy enigiets kan doen wat Hy sê jy kan doen, dan sal jy jou roeping vervul vir jou lewe.
Onthou, “alles is by God moontlik.” Wanneer jy jou vertroue in Hom plaas, sal jy vry wees om jou potensiaal uit te leef.
Gebedsbeginpunt
God, help my om myself te sien deur U oë, met die gawes en talente wat U my gegee het. Ek glo U het my gemaak met wonderlike potensiaal omdat U ‘n goeie God is. Vandag plaas ek my vertroue in U en glo dat alle dinge moontlik is met U!