Ken God

Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys. – Spreuke 3:6

Dit is maklik om te begin planne maak in plaas van om vir God te wag om vir ons sy plan te gee. Soms is ons so vasgevang in ons eie plan dat ons nie eens die Heilige Gees se leiding aanvoel nie. Maar Spreuke sê vir ons om God in alles wat ons doen te ken, en dit beteken dat ons in ag moet neem wat Hy dink en dat ons ons planne aan Hom moet voorlê vir goedkeuring.

Om ’n plan te hê is nie ’n slegte ding nie, maar ons kan eenvoudig elke dag vir God sê: ‘Here, ek het ’n plan vir vandag, maar ek ken U daarin. En as U nie met enige deel daarvan saamstem nie, is ek bereid om dit te verander en te doen wat U wil hê ek moet doen.’

As jy opreg omgee vir wat God begeer, sal Hy jou lei om die nodige veranderings te maak as dit nodig is dat jy jou planne aanpas.


Kraggedagte

Ek ken God in al my planne en Hy lei my altyd.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon