“Beproef en sien dat die Here goed is. Geseënd is die persoon wat op Hom vertrou!” —Psalm 34:9 NLV
Dit is belangrik dat ons God se karakter ken. Hoekom? Dit gee ons onderskeiding. As ons nie die karakter van God ken nie, hoe kan ons ooit weet wat van God af is en wat nie? Hier is drie karaktereienskappe van God wat my help om in lyn te bly met wie Hy is en wat Hy doen:
- Geregtigheid: God is ‘n God van geregtigheid. Die woord “geregtigheid” is wonderlik want dit beteken dat Hy altyd sal regmaak wat verkeerd is. Dit help my om nie bekommerd te wees as ek verkeerd behandel word nie, want ek weet God sal geregtigheid laat geskied. Dit is wie Hy is.
- Goedheid: God is goed – hierdie feit sal nooit verander nie. En Hy is altyd goed, nie net in sekere tye of wanneer dinge jou manier verloop nie. Psalm 34:9 sê: “beproef en sien dat die Here goed is”… (NLV). Wanneer dinge sleg gaan, vind ek groot bemoediging in God se goedheid.
- Heiligheid: God is heilig en geregtig, en Sy begeerte is om ons heilig en skoon, sonder sonde te maak. Om eerlik te wees, dit het my gehelp in my pad met die Here om te besef dat watookal Hy doen reg is, of ek daarvan hou of nie. Dit help my om in lyn met Hom te bly.
Hierdie drie karaktereienskappe is nie net eienskappe van God nie, maar dit is van die belangrikste en kragdadigste vir my ook.
Ek moedig jou aan om tyd te spandeer en hierdie eienskappe op te soek, asook ander eienskappe van God wat vir jou belangrik is. Wanneer jy bestudeer wie God is, sal die Heilige Gees jou help om hierdie eienskappe in jou persoonlikheid te vestig. Begin om dit daagliks toe te pas, en kyk wat die Here doen… “Beproef” hoe goed Hy is!
Gebedsbeginpunt
God, U is wonderlik! U geregtigheid, goedheid, heiligheid en ander eienskappe verwonder my en herinner my aan hoe wonderlik U is. Hou asseblief aan om my te herinner aan U karakter sodat ek meer soos U kan word.