Kies lewe

‘Vandag gee ek aan jou die keuse tussen lewe en dood, tussen seën en vloek. Ek roep die hemel en die aarde as getuies vir die keuse wat jy gaan maak. Mag jy tog die lewe kies sodat jy en jou nageslag mag lewe!’ – Deuteronomium 30:19

Ek en jy gaan gedurende ons lewe baie verskillende keuses­ moet maak. In Deuteronomium 30:19 sê die Here vir sy mense dat Hy die dood en die lewe aan hulle voorhou en dat hulle lewe moet kies.

Derduisende gedagtes gaan op ’n dag deur jou kop. Wanneer jy eers besluit het om soos God te dink, sal jy met die Heilige Gees se hulp die regte gedagtes moet kies en moet aanhou kies, gedagtes wat ooreenstem met sy Woord en met sy wil vir jou lewe.

Ons gedagtes word ons woorde, en ons woorde word ons dade. Daarom is dit noodsaaklik dat ons lewegewende gedagtes kies. Wanneer ons dit doen, sal ons begin lewe soos Jesus wil hê ons moet lewe.


Kraggedagte

Ek kies om lewegewende gedagtes te dink.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon