
‘Julle sal my koninkryk van priesters wees, ’n nasie wat die Here dien.’ – Eksodus 19:6
Kommer en lofprysing is twee teenoorgestelde pole, en ons sal baie gelukkiger wees as ons leer om lofprysers te wees in plaas van kommerkouse. Kommer skep vir die vyand ’n geleentheid om ons te folter, maar lofprysing (die eer en aanbidding van God) lei ons tot in sy teenwoordigheid waar ons altyd vrede, vreugde en hoop sal vind. God het ons geskep om Hom te eer, en ek dink nie ons kan die druk en versoekings in ons lewe oorkom as ons nie lofprysers word nie.
Moenie nog een dag van jou lewe vermors deur jou te bekommer nie. Stel vas wat jou verantwoordelikheid is en wat nie. Moenie probeer om enigiets op jou te neem wat God se verantwoordelikheid is nie. Wanneer ons ’n probleem het, moet ons doen wat ons kan om dit op te los, en dan op God vertrou om te doen wat ons nie kan doen nie. Gee dus jouself en jou bekommernisse aan God oor, prys Hom en begin die oorvloedige lewe geniet wat Hy jou bied.
Kraggedagte
Ek is nie geskep om my te bekommer nie; ek is geskep om God te prys.