Kyk Op

Ek kyk op na die berge. Kom my hulp daarvandaan? Nee, my hulp kom van die Here, wat hemel en aarde gemaak het. (Psalm 121:1-2)

Baie mense kyk na die verkeerde dinge wanneer hulle hulself in moeilike posisies bevind. Hulle fokus op die omvang van hul probleem, die risiko’s wat hulle in die gesig staar, die negatiewe dinge wat ander oor hulle sê, of hul vrees vir mislukking. Daardie dinge trek hulle af en om daarna te kyk sal hulle nie help nie.

Die Woord van God gee ons baie beter opsies wanneer ons hulp nodig het. In plaas daarvan om neer te kyk op die dinge wat ons nie kan help nie, sê die Bybel vir ons om op te kyk – om ons fokus te plaas op die Een wat ons altyd sal help. Wanneer Dawid in die moeilikheid was, het Hy omgedraai en sy oë boontoe gewerp, want hy het geweet sy hulp kom van bo af.

Wanneer jy deur iets gaan en nie seker is wat om te doen nie, gebruik jou geestelike oë en kyk net op. Soek die Here. Hy is die Een wat jou kan help. Hy is die Een wat jou kan red.

Vandag se Gedagte

Jesus het gesê om op te kyk, want ons verlossing kom naby (sien Lukas 21:28). Dit sê meer as net oor fisiese postuur. Dit is om ‘n hoopvolle gesindheid, ‘n positiewe uitkyk te hê en ‘n verwagting dat God jou sal deurbring.


Delf dieper in God se Woord: Bestudeer 1 Kronieke 16:11; Psalm 34:10

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon