Kyk vanaf die plek van waar jy is

Kyk vanaf die plek van waar jy is

“Nadat Lot vertrek het, sê die Here vir Abram: “Kyk ’n bietjie rond in alle rigtings, so ver as wat jy kan sien”. Genesis 13:14 NLV

Dit voel asof die lewe altyd ‘n manier het om ons tot op ‘n plek te bring waar ons ‘n vars, nuwe begin moet maak.

In die Bybel, het Abram homself in so posisie bevind toe sy neef Lot die beste grond in die area gekies het, en Abram met die slegte grond gelos het. Maar God het Abram nie verlaat nie. Hy het opgedaag en Abram ‘n splinternuwe visie gegee.

Ek hou van wat die Here vir Abram gesê het nadat sy en Lot se paaie geskei het. God het vir hom gesê: “Kyk rond in alle rigtings, so ver soos jy kan sien”. Die woorde het my diep geraak.

Dit is die punt van ‘n vars begin… ‘n nuwe begin. God self wil ons tot by daardie punt bring in sekere tye van ons lewens.

Jy mag dalk nou daar wees. Miskien moet jy ‘n slegte gewoonte breek of ‘n ou droom weer laat herlewe. Miskien wil jy jou finansies begin uitsorteer, jou eie besigheid begin of ‘n boek skryf… watookal dit is, God mag dalk vir jou sê om nou te begin. Dit kan jou nuwe begin wees!

Nadat God vir Abram gesê het om in alle rigtings te kyk van waar hy was, het Hy die volgende gesê: “Kom, trek nou kruis en dwars deur die land, want Ek gee dit vir jou” (Genesis 13:17).

God kan dalk vir jou nou sê om op te staan en aan te gaan met jou visie of droom…jou roeping…jou lewe, want Hy gee dit vir jou. Jou deel is om dit uit te stap.

Doen wat jy moet doen. Dit mag dalk nie maklik wees nie. Dit mag tyd neem. Maar vertrou op God en gaan vir alles wat Hy vir jou het.

Kyk in alle rigtings – en gaan!


Gebedsbeginpunt

Here, maak nie saak wat in die verlede gebeur het nie, help my om op te kyk van waar ek is nou. Ek dank U vir U nuwe begin vir my. Ek sal uitstap daarin en dit doen waarvoor U my roep.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon