Laat die rivier bly vloei

Laat die rivier bly vloei

‘’Die een wat in My glo – soos die Skrif sê: ‘Riviere van lewende water sal uit sy binneste vloei.’”- John 7:38 NLV

As gelowiges, woon die Heilige Gees in ons. Hy is die riviere lewende water in ons. Die rivier is ‘n wonderlike geskenk wat God ons elkeen gegee het. Goeie gesondheid vloei daaruit, ‘n positiewe uitkyk en vergewensgesindheid.

Baie mense het egter toegelaat dat hul rivier gestop het om te vloei. Hulle is altyd mismoedig, maak nie saak wat hulle doen nie, hulle kan nie daaruit kom nie. Jare lank is dit verwaarloos en van die oorvol rivier het net ‘n stroompie oorgebly. Ken jy sulke mense? Klink dit soos jou eie lewe?

Totdat jy nie daarin geslaag het om jou rivier skoon te maak nie, sal alles moeilik, teleurstellend en onbevredigend wees. Jy sal nie die bevredigende water kan proe nie.

Maak ‘n keuse vandag om nie meer te baklei, en te sukkel nie. Vra die Here om jou te help om alles skoon te maak. Hy sal jou die blokkasies wys en hoe om daarvan ontslae te raak. Begin dan om die rivier van lewende water te geniet!


Gebedsbeginpunt

Here, ek wil hê u rivier van lewende water moet in my vloei. Wys my wat die blokkasies is en hoe om dit skoon te maak.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon